Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Sandstorm

'n Sandstorm (soms ook stofstorm genoem) is 'n meteorologiese fenomeen, wat dikwels in halfdroë, droë en woestyngebiede optree. 'n Sandstorm warrel op as gevolg van warm lugstrominge, nadat die grond deur hoë temperature verwarm is. Sandstorms beweeg groot hoeveelhede sand - soms tot by 100 miljoen ton - oor afstande van soms duisende kilometers, afhangende van die grootte van die sandpartikels. Stadige duine in windbeskutte plekke vorm gewoonlik die grootse sandkorrels. Na ramings is in die jaar 2004 sowat twee tot vier miljard ton sand deur sandstorms beweeg.


Previous Page Next Page