Pentatonix | |
---|---|
Pentatonix in 2015. Van links is Kaplan, Maldonado, Hoying, Grassi en Olusola. | |
Agtergrondinligting | |
Ook bekend as | PTX |
Oorsprong | Arlington, Texas, VSA |
Genres | A cappella Pop R&B Soul |
Jare aktief | 2011 tot tans |
Etikette | RCA, Madison Gate |
Webwerf | ptxofficial.com/ |
Lede | Scott Hoying Mitch Grassi Kirstin Maldonado Avi Kaplan Kevin Olusola |
Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)
Pentatonix (afgekort as PTX) is ’n Amerikaanse a cappella-groep van vyf lede van Arlington, Texas. Die groep bestaan uit die sangers Scott Hoying, Mitch Grassi, Kirstin Maldonado, Avi Kaplan en Kevin Olusola.[1] Hulle het ’n styl wat wissel van pop en stemperkussies tot beatboxing, en is bekend vir hul afstofliedjies, veral moderne popweergawes van Kersliedere (soms in die vorm van medleys), maar ook oorspronklike materiaal.
Pentatonix is in 2011 gestig en het in dieselfde jaar die derde seisoen van NBC se reeks The Sing-Off gewen.[2][3] Toe Sony se Epic Records die groep los ná The Sing-Off, het hulle hul YouTube-kanaal gestig en hul musiek uitgereik deur Madison Gate Records van Sony Pictures.[4][5][6] Met meer as 13 miljoen volgelinge en 2,4 miljard besoeke is Pentatonix se YouTube-kanaal tans een van die gewildste musiekvideokanale.[7]
Hul debuut-EP, PTX, Volume 1, is in 2012 uitgereik, gevolg deur hul vakansie-uitreiking, PTXmas, in dieselfde jaar. Hul derde album was PTX, Vol. II, in 2013.[4] In Mei 2014 het Pentatonix ’n kontrak met RCA Records van Sony Music Entertainment geteken.[8] In dieselfde jaar het hulle hul vierde EP, PTX, Vol. III, uitgereik asook twee vollengte-ateljeealbums, PTX, Vols. 1 & 2 en That's Christmas to Me; laasgenoemde het goud gewen asook platinum (in Desember 2014) en dubbele platinum (in Februarie 2016); dit was die album met die vierde hoogste verkope in 2014 in Amerika.[9][10] In die volgende jaar het Pentatonix hul gelyknamige album uitgereik, hul eerste met meestal oorspronklike materiaal, gevolg deur ’n derde Kersalbum, A Pentatonix Christmas, in 2016 en nog ’n EP, PTX, Vol. IV - Classics, die volgende jaar.
Pentatonix het drie Grammys gewen: hulle was die eerste a cappella-groep wat die Grammy vir "Best Arrangement, Instrumental or A Cappella" gewen het. Die ander Grammys was in 2016[11] en 2017.[12]