Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Orakel

Raadpleging van die Orakel, deur John William Waterhouse.

In die antieke tyd was ’n orakel iemand wat voorspellings gedoen het onder leiding van die gode. Die woord is afgelei van die Latynse ōrāre ("om te praat") en verwys eintlik na die priester of priesteres wat die voorspellings gedoen het. In ’n breër sin kan dit ook verwys na die plek van die orakel of die voorspellings self.

Orakels is beskou as spreekbuise deur wie gode direk met mense gekommunikeer het. Hulle het verskil van sieners (manteis, μάντεις), wat tekens wat deur die gode gestuur is, geïnterpreteer het.[1]

Die belangrikste orakels van Antieke Griekeland was Pythia, die priesteres van Apollo by Delphi, en die orakel van Dione en Zeus by Dodona. Ook in Antieke Egipte was orakels wat raad van die gode aan die Egiptenare oorgedra het. Hulle was veral tydens feesoptogte aktief.

  1. Flower, Michael Attyah. The Seer in Ancient Greece. Berkeley: University of California Press, 2008.

Previous Page Next Page






وسيط الوحي Arabic Orakul AZ Аракул BE Аракул BE-X-OLD Оракул Bulgarian Oracle Catalan Věštec Czech Orakel Danish Orakel German Μαντείο Greek

Responsive image

Responsive image