Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Omfalos

Die omfalos van Delphi in die dorp se museum.

’n Omfalos is ’n godsdienstige steen of artefak. In Antieke Griekeland het die woord ὀμφαλός "middelpunt" beteken. In die Griekse mitologie het Zeus twee arende in teenoorgestelde rigtings oor die wêreld heen gestuur om mekaar by die middelpunt te ontmoet.[1] Volgens die mites oor die ontstaan van die Orakel van Delphi het hul paaie regoor Delphi gekruis en dit is waar Zeus die omfalos geplaas het. Omfalos is ook die naam van die steen wat aan Kronos gegee is. In die antieke wêreld van die Mediterreense gebied was dit ’n magtige godsdienstige simbool.[2]

"Omfalossindroom" verwys na die geloof dat ’n plek met geopolitieke mag die belangrikste plek in die wêreld is.[3][4]

  1. Voegelin E. (2000). Order and History, Volume 2. University of Missouri Press. p. 31. ISBN 9780826263933.
  2. Ciholas P. (2003). The omphalos and the cross. Mercer University Press. p. 6. ISBN 9780865547834.
  3. Murphy C. (2007). Are We Rome?: The Fall of an Empire and the Fate of America. Houghton Mifflin Harcourt. p. 44. ISBN 9780618742226.
  4. Winther, Rasmus Grønfeldt (2014) World Navels. Cartouche 89: 15-21 http://philpapers.org/archive/WINWN.pdf

Previous Page Next Page






Òmfal Catalan Omfalos Czech Omphalos CY Omphalos German Omphalos English Ónfalo Spanish Omphalos ET Onfalos EU اومفالوس (نماد) FA Maailmannapa Finnish

Responsive image

Responsive image