Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Metriek

’n Illustrasie van die Manhattan-metriek teenoor die Euklidiese metriek op ’n vlak: in die Manhattan-metriek het die rooi, blou en geel lyne dieselfde booglengte (12) vir dieselfde roete. In die Euklidiese metriek is die lengte van die groen lyn en dit is die kortste lengte.

In wiskunde is ’n metriek of afstandsfunksie ’n funksie wat ’n afstand tussen elke paar elemente van ’n versameling definieer. ’n Versameling met ’n metriek word ’n metriese ruimte genoem. ’n Metriek bring ’n topologie in die versameling teweeg, maar nie alle topologieë kan deur ’n metriek geproduseer word nie. ’n Topologiese ruimte waarvan die topologie deur ’n metriek beskryf kan word, word ’n metriseerbare ruimte genoem.


Previous Page Next Page