Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Landdros

Landdros is die titel van 'n staatsamptenaar met beperkte plaaslike regsprekende en bestuursverpligtinge. Die titel is afkomstig uit Nederlands waar “land” verwys na streek en “dros” na 'n regterlike amptenaar op die platteland. 'n Landdros is die belangrikste verteenwoordiger van die sentrale regering in die distrik waarin hy werksaam is.

Op 31 Augustus 1682 is Johannes Mulder op Stellenbosch as die eerste landdros in die Kaapkolonie aangestel. Hy was as landdros voorsitter van die kommissie van landdros en heemrade. Op 31 Desember 1827 is die amp van landdros afgeskaf en vervang met 'n siviele kommissaris en 'n plaaslike magistraat. Die magistraat sou met minder administratiewe pligte belas word.

Na die Groot Trek het die Voortrekkers die amp van landdros in die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje-Vrystaat ingevoer.


Previous Page Next Page






رجل قضاء Arabic Магистрат Bulgarian ম্যাজিস্ট্রেট Bengali/Bangla Magistrat Catalan Magistrat Danish Magistrate English Magistrado Spanish Magistraat ET Magistratu EU Magistrat French

Responsive image

Responsive image