Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Jyutping

Jyutping is ’n vorm van romanisering om Standaardkantonees in Latynse letters te skryf. Benewens letters bestaan dit ook uit syfers agter sommige letters. Daar is geen spasie voor die syfers nie en hulle kan óf op dieselfde reël as die letters óf effens hoër staan. Die letters kom meestal ooreen met die klankletters van die Internasionale Fonetiese Alfabet. Dié klankletters is: m, f, n, l, h, w, s, j, ei, i, im, in, u, ui, un, œ en œk.

Jyutping is ’n afkorting van Jyutjyu pingjam (tradisionele Chinees: 粵語拼音; Jyutping: jyut6 jyu5 ping3 jam1) ("Klankspelling van die Kantonese taal").

Die stelsel is in 1993 deur die Taalvereniging van Hongkong ontwikkel. Dit word in verskeie taalkursusse en invoermetodes van Standaardkantonees op rekenaars en slimfone gebruik. Dit is naas Yale een van die mees gebruikte romaniseringsvorms van Standaardkantonees.


Previous Page Next Page






يتبنغ Arabic Jyutping German Jyutping English Jyutping EO Jyutping Spanish جیوت‌پینگ FA Jyutping Finnish Jyutping French Jyutping FRR יוטפנג HE

Responsive image

Responsive image