Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Joram

Joram volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum.

Joram was die vyfde koning van die koninkryk van Juda en het 8 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Josafat. Volgens die Bybel het hy nie die Here gedien nie o.a. omdat hy 'n dogter van koning Agab en koningin Isebel getrou het. Volgens die Bybel het die profeet Elia hom berispe en die Here het hom met 'n ongeneeslike siekte gestraf. Hy is opgevolg deur sy seun Ahasia.


Previous Page Next Page