Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Inositol

Eienskappe

Algemeen

Naam Inositol 
IUSTC-naam (1R,2R,3S,4S,5R,6S)-sikloheksaan-1,2,3,4,5,6-heksol
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule C6H12O6
Molêre massa 180.16 g/mol
CAS-nommer 87-89-8  
Voorkoms Wit poeier
Fasegedrag
Smeltpunt 225 - 227 °C
Kookpunt
Digtheid 1.752 g/cm3
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 143 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Inositol of siklohexaan-1,2,3,4,5,6-hexol is 'n chemiese verbinding met die formule C6H12O6 oftewel (-CHOH-)6. Dit is 'n afgeleide van Sikloheksaan met ses hidroksielgroepe, wat dit 'n poliol maak, oftewel 'n veelvuldige alkohol. Dit kan in nege moontlike stereoisomere voorkom, waarvan cis-1,2,3,5-trans-4,6-siklohexaanhexol, of mio-inositol (voorheen bekend as meso-inositol of i-inositol), die mees algemene vorm in die natuur is.[1][2] Inositol is 'n suikeralkohol met die helfte van die soetheid van sukrose (tafel suiker).

Mio-inositol speel 'n belangrike rol as die strukturele basis vir 'n aantal sekondêre boodskappers in eukariotiese selle: die verskillende inositolfosfate. Daarbenewens speel inositol 'n belangrike rol as 'n komponent van die strukturele lipiede fosfatidielinositol (PI) en sy verskeie fosfate, die fosfatidielinositolfosfaat (PIP) lipiede.

Inositol of sy fosfate en gepaardgaande lipiede kom in baie kosse voor, veral vrugte soos spanspek en lemoene.[3] In plante dien die heksafosfaatvorm van inositol, fytiensuur of sy soute, die fitate, as fosfaatreserwe in sade, byvoorbeeld in neute en bone.[4] Fytiensuur kom ook voor in graan met hoë semelinhoud. Fytiensuur is egter nie direk biobeskikbaar vir die mens nie. Sommige voedselvoorbereidingstegnieke breek fitate af om dit verteerbaar te maak. Wanneer inositol egter in die vorm van gliserofosfolipiede voorkom, soos byvoorbeeld in lesitien, word dit goed geabsorbeer en is dit relatief biobeskikbaar.

Mio-inositol (sonder fosfaat) is voorheen beskou as 'n lid van die vitamien B - kompleks, sogenaamde Vitamien B8 in hierdie konteks. Aangesien dit deur die menslike liggaam vanaf glukose geproduseer word, is dit nie 'n essensiële voedingstof nie.[5]

  1. Synonyms in PubChem
  2. Synonyms in Commonchemistry.org
  3. "Myo-inositol content of common foods: development of a high-myo-inositol diet". The American Journal of Clinical Nutrition. 33 (9): 1954–67. 1980.
  4. http://www.phytochemicals.info/phytochemicals/phytic-acid.php.
  5. Reynolds, James E. F. (1 Januarie 1993). Martindale: The Extra Pharmacopoeia. Pennsylvania: Rittenhouse Book Distributors. p. 1379. ISBN 0-85369-300-5. An isomer of glucose that has traditionally been considered to be a B vitamin although it has an uncertain status as a vitamin and a deficiency syndrome has not been identified in man

Previous Page Next Page






إينوزيتول Arabic اینوزیتول AZB Inositol Catalan Inositol Czech Inositol Danish Inosit German Ινοσιτόλη Greek Inositol English Inositol Spanish B8-vitamiin ET

Responsive image

Responsive image