Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Hidroksielgroep

Hidroksielgroep

Onder die term hidroksielgroep of hidroksiegroep word in die chemie die -OH funksionele groep bedoel wat in baie organiese verbindings voorkom. [1]

Hierdie groep is gewoonlik sterk met 'n kovalente binding aan die res van die molekule gebind. Dit is in teenstelling tot

  1. die hidroksied-ioon OH wat net deur elektrostatiese kragte vasgehou word en los in oplossings kan voorkom.
  2. die hidroksielradikaal OH* wat baie reaktief is en ook los in oplossings of plasma's gevind kan word.

Die hidroksielgroep is die kenmerkende funksionele groep van die alkohole en die fenole.

Hidroksielgroepe kan waterstofbinding ondergaan wat verbindings polêr kan maak en hulle kookpunte kan vergroot. Hulle het in teenstelling tot hidroksiedione geen basiese maar swak sure eienskappe. In fenole is dit sterker as in alkohole.

  1. "Functional Groups". Libre Texts.

Previous Page Next Page