Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Hardrock

Hardrock is 'n musiekstroming wat uit rock voortgevloei het en gewoonlik deur 'n hardklinkende verwronge (distorted) elektriese kitaar gekenmerk word. Die tempo in die musiek is gewoonlik hoog; die sang-, kitaar- en sintetiseerderdele wissel mekaar af en vul mekaar aan. Net soos in jazz is 'n pakkende rif belangrik om as kapstok vir die snit te fungeer. Die fondament in hardrockliedjies word deur die hoofkitaar met sogenaamde kragakkoorde (powerchords) gelê.

'n Verdere kenmerk is die oorheersende luide sangwerk, waarin geforseerde uitinge nie spaarsamig is nie. Bekende orkeste wat hierdie soort musiek produseer is AC/DC, Deep Purple, Guns N' Roses, KISS, Led Zeppelin, UFO, Metallica, Uriah Heep en Van Halen.

Daar moet opgemerk word dat diverse style in rockmusiek 'n sterk verwantskap toon. Die musiek van 'n groep soos The Who bevat sowel rock- as hardrockelemente. Die grens tussen hardrock en metal is soms moeilik onderskeibaar.


Previous Page Next Page






Hardrock ALS هارد روك Arabic هارد روك ARZ Hard rock AST Hard rok AZ Hard rock BAT-SMG Хард-рок BE Гард-рок BE-X-OLD Хардрок Bulgarian হার্ড রক Bengali/Bangla

Responsive image

Responsive image