Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Hamadriade

’n Mosaïek van die god Pan en ’n hamadriade wat in Pompeji gevind is.

Hamadriades (Grieks: Ἁμαδρυάδες) was in die Griekse mitologie nimfe wat in bome gewoon het. Hulle was ’n spesifieke soort driade: Hulle was van geboorte af gebonde aan een boom; sommige glo hulle was die boom self. Daarteenoor was driades net die entiteit, of gees, van die boom.

As die boom doodgegaan het, het die hamadriade ook gesterf. Daarom het die gode en nimfe mense gestraf wat bome beskadig het.

Die Deipnosophistae van Athenaios noem agt hamadriades, die dogters van Oxylus en Hamadryas:

  • Karya (Haselneut of Okkerneut)
  • Balanos (Eik)
  • Kraneia (Kornoelie)
  • Morea (Moerbei)
  • Aigeiros (Swart Populier)
  • Ptelea (Olm)
  • Ampelos (Wingerde)
  • Syke (Vy)

Previous Page Next Page






Гамадрыяды BE Hamadriadezed BR Hamadrijade BS Hamadríada Catalan Αμαδρυάδες Greek Hamadryad English Hamadríade Spanish Hamadriade EU Hamadryadit Finnish Hamadryades French

Responsive image

Responsive image