Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Hadit

Die Hadit[1] (Arabies: حديث, ḥadīṯ meervoud: أحاديث, aḥādīṯ, wat die mens vertel) is die Islamitiese oorleweringe oor die doen en late en die uitsprake van die profeet Mohammed wat in groot versamelings saamgevat is. Deur hierdie oorleweringe ken die mens die soenna, die manier (weg) van die profeet. Die meeste Moslems beskou die Hadit as aanvullend tot die Koran. Die Hadit is ’n orale tradisie wat in die 8ste en 9de eeu neergepen is.

Uit die Koran en die Hadit word die Islamitiese wette, die sjaria, saamgestel. In die meeste Moslemlande geld die sjaria as grondslag vir ’n deel van die reg. Die meeste Islamitiese lande het ’n gemengde regstelsel en die Hadit geniet geen absolute mag en word ook nie beskou as ’n primêre bron nie omdat dit mondelinge oorleweringe is wat eers later opgeteken is.

Die verskillende strominge in die Islam erken verskillende Hadit-versamelings.

  1. Dié spelling word aangegee in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en die Ensiklopedie van die Wêreld, Deel 4. 1971. N.V. Uitgeversmaatskappij, Amsterdam, Nederland.

Previous Page Next Page






Hadih ACE Hadith ALS ሀዲስ AM الحديث النبوي Arabic حديث نبوى ARZ হাদিছ AS Ḥadiz AST Hədis AZ حدیث AZB Хәҙис BA

Responsive image

Responsive image