Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Grootvors

Grootvors (dikwels vertaal as grootprins of groothertog; Latyn: magnus princeps; Russies: великий князь, weliki knjaz; Duits: Großfürst, Nederlands: grootvorst, Fins: suuriruhtinas) is ’n titel laer as koning, keiser en tsaar, maar hoër as ’n regerende prins, of vors.

Grootvors is voorheen gebruik as titel vir die heerser van ’n grootvorstedom, maar die laaste van dié state het in 1917 en 1918 verdwyn. Grootvorstedomme soos Litaue, Transilvanië en Finland was eeue lank onder heersers van ander, groter monargieë. Die laaste soewereine heerser wat grootvors as sy hoogste titel gebruik het, was Iwan IV van Rusland in die 16de eeu, voordat hy die titel tsaar aangeneem het.

Die titel grootvors word meestal in Afrikaans as "groothertog" vertaal onder invloed van Engels, wat nie ’n aparte woord vir "vors" het nie.


Previous Page Next Page






Böyük knyaz AZ Вялікі князь BE Велик княз Bulgarian Gran Príncep Catalan Velkokníže Czech Storfyrste Danish Großfürst German Μέγας πρίγκιπας Greek Grand prince English Grandprinco EO

Responsive image

Responsive image