Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Gram

'n Balpendoppie op 'n weegskaal, ±1 gram.

Gram is die internasionale eenheid vir massa in die SI-stelsel en word gedefinieer as 'n duisendste van 'n kilogram.

Let daarop dat die gram nie 'n basiseenheid (fundamentele eenheid) in die SI-stelsel is nie. Ondanks die kilo-voorvoegsel word kilogram as die basiseenheid gesien. Dit is 'n uitsondering op die algemeen gebruikte konvensie. Voorvoegsels word egter afgelei van die eenheid gram. So is 'n miljoenste kilogram 'n milligram en nie 'n mikro-kilogram nie.

Die gram is egter wel 'n fundamentele eenheid binne die eenheidstelsel cgs.

Die simbool van gram is g. Dit word soms foutiewelik as gr en gm aangedui. Laasgenoemde word soms in Anglo-Sakse lande gebruik.

Een kubieke sentimeter water het 'n massa van ongeveer 1 gram.


Previous Page Next Page






Gramo AN غرام (وحدة قياس) Arabic ݣرام ARY جرام ARZ Gramu AST Qram AZ گیرم AZB Gram BAN Грам BE Грам BE-X-OLD

Responsive image

Responsive image