Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Floralia

Die Triomf van Flora, deur Tiepolo (c. 1743), ’n toneel wat geskoei is op Ovidius se beskrywing van die Floralia.[1]

Die Floralia was in antieke Rome ’n fees ter ere van die godin Flora wat einde April gehou is. In Latyn was die fees bekend as die Ludi Florae, die "Spele van Flora". In die tyd van die Romeinse Ryk het dit ses dae lank geduur.[2]

Die fees het ’n losbandige atmosfeer met ’n soeke na plesier gehad. In teenstelling met feeste wat op Rome se argaïese patrisiese godsdiens geskoei was, het die Spele van Flora ’n plebejiese karakter gehad.[3]

  1. Ovidius, Fasti, Boek 4; T.P. Wiseman, The Myths of Rome (University of Exeter Press, 2004), pp. 1–11.
  2. H.H. Scullard, Festivals and Ceremonies of the Roman Republic (Cornell University Press, 1981), p. 110.
  3. William Warde Fowler, The Roman Festivals of the Period of the Republic (Londen, 1908), p. 92.

Previous Page Next Page






Флараліі BE Флоралия Bulgarian Floràlia Catalan Floralia English Floralias Spanish Floraliak EU Floralia Finnish Jeux floraux French Ֆլորալիա HY Floralia Italian

Responsive image

Responsive image