Chelsea-blommeskou

Een van die uitstallngs in 2014, genaamd Hope on the Horizon.
Die skou van 2012.

Die Chelsea-blommeskou is 'n groot blom-en-tuinskou wat jaarliks in Mei in Londen gehou word. Die skou duur 5 dae en word deur die Koninklike Tuinboumaatskappy (Royal Horticultural Society, RHS) in die Londense stadsdeel Chelsea georganiseer. Dit lok besoekers van heinde en ver.[1]

Die geleentheid word jaarliks deur sowat 150 000 mense besoek,[2] waaronder lede van die Britse koninklike familie, en kry uitgebreide aandag in die Britse media. Nuwe plant- en blom-variëteite word tydens die skou bekendgestel en tuinontwerpers bied skoutuine wat die nuutste tendense wys. Talle pryse word uitgedeel, waaronder pryse vir die beste tuin, beste stadstuin en beste blommerangskikking.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Chelsea Flower Show in numbers", The Guardian, 16 Mei 2008

Chelsea-blommeskou

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne