Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Blu-ray-skyf

Die Blu-ray-handelsmerk
Handelsmerk vir Blu-ray-oudio. Blu-ray-skywe is, net soos SACD en DVD-Oudio, 'n geskikte formaat vir hoë resoöusie-klankopnames in stereo of omringklank
Een van die eerste Blu-ray-spelers wat deur Panasonic in 2005 bekend gestel is

Die Blu-ray-skyf (afkorting: BD, van Engels Blu-ray disc, letterlik "Bloustraalskyf") is 'n standaard vir hoë-resolusie-DVD-rolprente. 'n Oorspronklik mededingende formaat, High-Definition-DVD, is onder meer deur Toshiba bemark, maar intussen gestaak. In Maart 2016 is 'n nuwe formaat - Ultra HD Blu-ray - op die mark ingevoer wat video-inhoud met 4K-resolusie en hoë dinamiese omvang (HDR) kan stoor en weergee.

Blu-ray-tegnologie en -spelers is gemik op die verbruikersmark, terwyl professionele gebruikers twee variante ter beskikking sal hê - die Professional Disc for Data (PDD), wat as stoormedium vir gewone gegewens dien, en die Professional Disc for Broadcast (PDB), wat as medium vir die uitsaaibedryf ontwikkel is.

Die tegniese besonderhede van die Blu-ray-skyf is op 19 Februarie 2002 deur die nege stigterslede van die Blu-ray Group vasgelê; naas Matsushita, Pioneer, Philips, Sony, Thomson, LG Electronics, Hitachi, Sharp en Samsung het ook Dell, Hewlett-Packard, Apple en meer as 150 ander ondernemings by die vereniging aangesluit. Die Blu-ray Forum dien as organisatoriese raamwerk van die groep.


Previous Page Next Page






Blu-Ray AN بلو راي Arabic ব্লু ৰে ডিস্ক AS Blu-ray AST Blu-ray Disc AZ Blu-ray диск Bulgarian ব্লু-রে ডিস্ক Bengali/Bangla Blu-ray BS Blu-ray Catalan بلو ڕای CKB

Responsive image

Responsive image