Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Barista

Baristas hou daarvan om hul drankies kunstig te versier.
'n Barista toon sy slag tydens die Barista Wêreldkampioenskap van 2006

'n Barista is 'n vakman of -vrou wat koffie voorberei. Baristas werk meestal by 'n koffiehuis of restaurant wat espresso en naverwante drankies soos cappuccino bedien. Die woord barista is Italiaans vir "kroegman".

Terwyl die titel nie gereguleer word nie, gebruik meeste koffiewinkels dié titel vir persone wat koffie met behulp van 'n kommersiële espresso-masjien maak. Die barista se rol wissel grootliks na gelang van die masjien wat gebruik word, maar sluit take in soos: die maal van die bone, laai van die koffie in die masjien, stoom van melk, meng van koffie en melk in die regte verhouding, en die skoonmaak en instandhouding van die toerusting.

Die maak van goeie koffie word as 'n kuns beskou. 'n Bekwame barista sal nie net geurige drankies voorsit nie, maar ook die drankies kunstig versier.


Previous Page Next Page






عامل تحضير القهوة Arabic Barista Catalan Barista Czech Barista CY Barista Danish Barista German Μπαρίστας Greek Barista English Baristo EO Barista Spanish

Responsive image

Responsive image