Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Awendland

Vanuit Fenisië het dit gelyk asof die son in Europa ondergaan; vandaar die naam Awendland.

Awendland of aandland (Nederlands: Avondland, Duits: Abendland, Latyn: occidens, "sonsondergang, Weste") is digterlike taalgebruik om te verwys na die Weste en veral na Wes-Europa.

Die naam Europa is moontlik afgelei van die Fenisiese ereb wat aand beteken.[1] Dit is hoekom Europa in Nederlands soms Avondland heet. Vanuit Fenisië gesien gaan die Son in Europa onder. Die teenoorgestelde van Awendland is Morgenland of Môreland, oftewel Asië (van açer): die land van die opkomende Son. Die woord Awendland verwys ook na die boek van Oswald Spengler (1880–1936) Untergang des Abendlandes (1918–22) waarin genoem word dat die Europese kultuur sy eindtyd binnegetree het (Duits: in ihre Endzeit eingetreten sei).

  1. Online Etymology Dictionary

Previous Page Next Page






Abendland ALS Abendland German Occident English Okcident Croatian 西洋 Japanese 서양 Korean Êvaristan KU Avondland Dutch Aftenlandet NB Okcident SH

Responsive image

Responsive image