Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Asterisk

Asterisk

Die asterisk (*), ook die sterretjie genoem, dui vir die leser aan dat daar teks of inligting ontbreek.

Volgens die AWS (2017) dui die asterisk aan dat 'n letter uit 'n taboewoord weggelaat is. Elke weggelate letter word deur 'n asterisk vervang en word sonder spasies aan die ander letters of asteriske vas geskryf. Bv. Die man het hom as 'n k*k skeidsregter uitgekryt.

'n Asterisk word ook in die taalkunde aan die begin van 'n woord of sin gebruik om ongrammatikaliteit aan te dui. Bv. *interesant.


Previous Page Next Page