Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Alpehoring

Alphoringspeler in Nendaz, Wallis, Switserland.

Die alpehoring (alpenhoorn) is 'n blaasinstrument wat uit 'n reguit etlike meter lange houthoring van kegelvormige boring, met 'n houtbekervormige mondstuk bestaan. Die horing kan tot vier meter in lengte wees. Tradisioneel is die alphoring gemaak van een enkele stuk, of hoogstens twee dele, van die hout van die rooi denneboom. Partykeer sou die bome buig as gevolg van die gewig van sneeu in die winter, en dit het veroorsaak dat hulle die groter en gebuigde mondstuk aan hul punte sou gehad het.

Grindelwald-alphoringspelers.

Daar is ook 'n ander variant wat korter is (en dus hoër klink), genaamd die midwinterhoring. Die alpehoring word sedert antieke tye in die Alpe gebruik om seine te stuur. Die alphoring word veral deur bergbewoners in die [witserse Alpe gebruik. Soortgelyke houthorings is reg deur die bergagtige streke van Europa vir kommunikasie gebruik.

Daar kan slegs natuurlike klanke op die instrument gespeel word. Om die instrument te speel, moet dieselfde tegniek gebruik word as by die speel van koperblaasinstrumente.

Alphorings word deesdae van drie onderskeie dele gemaak wat aanmekaar verbind word: dit is om die vervoer daarvan per motor of selfs per hand te vergemaklik. Vandag word die horings ook meer gereeld van spar- of silwersparboomhout vervaardig.[1]

Alphorings word ook deesdae meestal as musiekinstrumente gebruik en is dikwels tydens nasionale feeste in Switserland te sien.

  1. "The Making Of An Alphorn". www.nendazcordesalpes.ch/en. Valais drink pure. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2021. Besoek op 13 Oktober 2021.

Previous Page Next Page






Alphorn ALS بوق ألبي Arabic Corn alpí Catalan Alpský roh Czech Alpehorn Danish Alphorn German Alphorn English Alpkorno EO Trompa de los Alpes Spanish Alpisarv ET

Responsive image

Responsive image